Geagte Werkgewer
SARS het hierdie jaar omvattende veranderings rakende die Inkomstebelastingproses gemaak, gemik daarop om dit te vereenvoudig en geriefliker vir belastingbetalers te maak om hulle verpligtinge na te kom. Deel van hierdie proses was om weg te doen met die vereiste dat belastingbetalers stawende bewyse saam met die Inkomstebelastingopgawes moet in dien. Instede daarvan sal daar egter op die informasie wat deur werkgewers, finansiele instansies en ander derde partye voorsien word, staatgemaak word om die verklarings van belastingbetalers te verifieer.
As 'n Werkgewer word u as 'n kritieke vennoot geag in die proses om die inligting tydig aan SARS aangaande die IRP5 en IT3(a) sertifikate te verskaf. In April 2007 was die jaarlikese rekonsiliasie vorm IRP501 aan u uitgereik wat aan SARS op 25 Mei 2007 tesame met die afskrifte van die individuele IRP5 en IT3(a) sertifikate, terug besorg moes word.
Meeste van die werkgewers voorsien SARS van hierdie afskrifte in elektroniese formaat (CD, disket of e-pos) wat die prosessering en verifikasie van die inligting op die stelsel dadelik moontlik maak. Sommige werkgewers reik egter handgeskrewe IRP5 en IT3(a) sertifikate uit.
Die indiening van die handgeskrewe sertifikate hou tans 'n uitdaging in vir u as werkgewer asook vir SARS.
Om die uitdaging aan te spreek soverre dit handgesskrewe sertifikate aangaan, het SARS 'n nuwe vorm ontwerp om basiese inligting soos werknemersbelasting- en salarisinligting vas te lê. Hierdie vorm staan bekend as die IRP 511 en laat u toe om die handgeskrewe IRP5 sertifikate te lys op 'n vereenvoudige vorm wat dan maklik en akkuraat kan oplaai na die SARS stelsel.
Neem asseblief kennis dat die vorm nie die uitreiking van die huidige IRP501 wat voltooi moet word en aan SARS teruggestuur tesame met die elektroniese IRP5 en IT3(a) vervang nie. Verder moet u steeds IRP5 handgeskrewe sertifikate, wanneer nodig, uitreik en aan u werknemer(s) verskaf, die inligting daarvan moet eger op die IRP511 voltooi word. Die nuwe IRP511 is slegs vir handgeskrewe IRP5 sertifikate wat uitgereik is gedurende die 2007 belastingjaar, ongeag of die handgeskrewe sertifikate alreeds aan SARS gestuur is al dan nie.
U word versoek om die IRP511 met betrekking tot u handgeskrewe IRP5 sertifikate wat uitgereik was ten opsigte van die 2007 belastingjaar te voltooi en in te dien teen 28 September 2007.
Vul u LBS verwysingsnommer in soos versoek.
Voltooi die naam waaronder u as werkgewer gerigistreer is vir LBS.
Vir elke handgeskrewe IRP5 sertifikaat wat u uitgereik het, voltooi 'n enkele veld met die verlangde inligting wat die volgende bevat:
Van/handelsnaam van die werknemer.
Die voorletters van die werknemers indien hulle 'n natuurlike persoon is.
Die identiteitnommer, paspoortnommer, maatskappy registrasienommer, BK of trust nommer van die werknemer.
Die bruto besloldiging van die werknemer soos beskryf onder kode 3699.
Die totale werknemersbelasting afgetrek van die werknemer soos beskryf onder kode 4103.
Die inkomsteverwysingsnommer van die werknemer.
Teken die opgawe.
